Verlede maand
Openbare krane loop droog
Alle openbare krane in die Ndlame Munisipaliteit is toegedraai.  ~ Foto ter Illustrasie

DIE huidige waterkrisis in Port Alfred en omliggende gebiede het daartoe gelei dat die Ndlambe Munisipaliteit alle openbare krane disconnect het.

Cecil Mbolekwa, ’n munisipale woordvoerder, sê watertoevoer na laagliggende gebiede is vertraag en sal in sekere areas afgeskakel word om die reservoir-kapasiteit op te bou.

Watertenke word in die hoogliggende gebiede verskaf. Die munisipaliteit het ook ’n Facebook-blad oopgemaak genaamd “Port Alfred Water Crisis” om die gemeenskap op die hoogte te hou.

Pompe

Mbolekwa sê die Sarel Hay­ward Dam is in hierdie sta­dium onder 6% vol.

Maar ten spyte van die feit dat die pompe ten volle operasioneel is, is daar net nie genoegsame water om te pomp nie.

Die Mooifontein-boorgate voorsien tans water, maar net ’n beperkte hoeveelheid omdat die watertafel drasties gedaal het.

Ernstig

Die Ndlambe Munisipaliteit versoek inwoners om water spaarsaam te gebruik omdat die waterkrisis ernstig is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters