Verlede jaar
Oos-Kaapse bloue is in ’n klas van sy eie
Konst. Renier JapthaFOTO VERSKAF  ~ 

KONST. Renier Japtha se harde­ werk en 17 jaar ervaring is onlangs beloon toe hy aangewys is as die top-presteerder in die polisiediens.

Japtha is van die voertuigmisdaad-identifiseringseenheid in Uitenhage.

Hy het die toekenning Woensdagaand ontvang op die nasionale misdaad­bespeuringskonferensie in Pretoria.

Dit was in die kategorie spesifiek vir die ondersoek van misdade in die Oos-Kaap.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisie­woordvoerder, sê Japtha­ het hom in 2001 as ’n reservis by die Uitenhage-polisie aangesluit en die gemeenskap 11 jaar in daardie hoedanigheid gedien.

Hy het in Januarie 2012 ’n permanente lid geword.

Swart sê: “Ná basiese op­leiding het hy hom in 2014 by die voertuigmisdaad-identifiseringseenheid in Uiten­hage aangesluit.

“Konst. Japtha is verantwoordelik vir verskeie arrestasies en vervolgings in die 2017/’18-periode.

“Hy is uiters vaardig in veral die identifisering van gesteelde voertuie of voertuie waarmee gepeuter is.

“Dit is een van die groot misdaadkwessies in die Oos-Kaap.”

Swart noem enkele voorbeelde op van Japtha se goeie werk.

Verbind

In die periode waarna sy verwys, het Japtha verseker dat twee beskuldigdes elk effektief vyf jaar tronkstraf opgelê is.

Dis nadat hulle verbind is tot voertuigdiefstal, ook in die Port Elizabeth-gebied.

Nóg ’n beskuldigde is ook effektief drie jaar tronkstraf opgelê vir voertuigdiefstal.

Swart brêk: “In operasies in die Uitenhage cluster stel konst. Japtha die voorbeeld deur voertuie waarmee gepeuter is, net daar en dan te identifiseer.

“Dis danksy sy toewyding dat konst. Japtha so presteer in sy veld van expertise.”

Die Oos-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, het hom geluk gewens en gesê: “Ons is baie trots op konst. Japtha en waardeer die uitstekende werk wat hy doen.

“Hy verdien dié eer. Mag hy die hele Oos-Kaap inspireer.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters