3 maande gelede
Oorsese award vir Son-man
wen-foto: Dié kiekie het nou op internasionale vlak erkenning gekry. Foto: THEO JEPTHA  ~ 

NÓG ’n award vir Son – dié keer nogal op internasionale level.

’n Foto van Theo Jeptha van Son se Oos-Kaapse kantoor het ’n goue toekenning in die redaksionele afdeling van die Moscow International Foto Awards (Mifa) gekry.

Jeptha het reeds ’n rits toekennings ingeryg met dié foto van ’n pa van Joe Slovo in die Baai wat met sy jaar oue babadogter op sy shack se dak staan.

Hy gooi dan die kleinding genadeloos af grond toe.

’n Dapper cop moes vinnig op sy voete dink en het die baba betyds met oop hande gevang voordat sy die grond kon tref. Die kind was gelukkig ongedeerd.

Verlede jaar het Jeptha eers die Vodacom­ Journalist­ of the Year Regional Award in die fotografie-afdeling gewen.

Daarna het hy dit ’n stappie verder gevat deur Vodacom Journalist­ of the Year National Award in die fotografie-afdeling te wen.

Toe vat hy dinge internasionaal.

Hy was eers ’n finalis in die Umbra International Photography Awards en nou die toekenning by Mifa.

Boonop is Jeptha ’n finalis in die Standard Bank Sikuvile Journalism Awards.

Die wenner in dié nasionale kompetisie word volgende maand aangewys.

Jeptha (38) – oorspronklik van Queenstown – is baie opgewonde oor die groot toekenning.

Hy sê: “Dit is die eerste keer dat ek ’n internasionale toekenning kry. Ek voel so geëerd.”

Hy het in 2000 foto-joernalistiek aan die destydse Vrystaatse Technikon gestudeer.

Hy het destyds in Queenstown by die gemeenskapskoerant The Rep gewerk.

Jeptha se fotojoernalistiek-loopbaan het amptelik in 2008 begin. Hy het al gewerk vir Daily Dispatch in Oos-Londen, Volksblad in Bloemfontein en Die Burger in Port Elizabeth.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters