10 maande gelede
Oom swaar gestraf vir vieslikheid
 ~ 

’N TIENERMEISIE het swanger geraak nadat haar oom haar herhaaldelik verkrag het.

Die meisie was net 15 toe die gruwelike dade gepleeg is.

Mthuthuzeli Rolisisu, die slagoffer se 28-jarige oom, is Maandag lewenslange tronkstraf opgelê.

Kapt. Khaya Tonjeni, ’n polisiewoordvoerder, sê die verkragtings het gebeur terwyl die meisie en Rolisisu in dieselfde huis gebly het in die Lower Mnyameni-gebied in Keiskammahoek.

’n Klag van verkragting is op 28 Augustus 2013 gelê. Rolisisu is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, die Oos-Kaapse polisiekommis­saris, is bly oor die vonnis.

Hy sê die feit dat die justice cluster saamgewerk het – veral die ondersoekbeamptes en die prosecution – het goeie gevolge gehad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters