29 dae gelede
Ontbinde lyk in poel skok
in vlei gekry: Razeen Campbell, ’n pa van twee, beduie waar hy op die onbekende vrou se lyk afgekom het.Foto: DEON FERREIRA  ~ 

’N PA van Sanctor het dié week ’n gru-vonds gemaak toe hy afgekom het op die naakte en ontbinde lyk van ’n onbekende vrou.

Die lyk het in ’n poel water in ’n vlei gelê.

Razeen Campbell (44) – ’n pa van twee kids – sê ná die vonds slaap hy maar sleg.

Volgens Campbell het hy Dinsdagmiddag sy twee kids (11 en 4) na die parkie agter hulle huis in Sanctor geneem om ’n bietjie te gaan speel.

Campbell sê sy kinders versamel Score-koeldrankblikkies.

Om daardie rede het hulle vanaf die parkie afgesit na die vlei – Varsvlei – wat ook aan die agterkant van sy huis geleë is.

Die pa sê terwyl hulle in die vlei was, het sy kinders agter hom gestap terwyl hulle almal na die blikkies gesoek het.

Campbell vertel toe hy by ’n poel water in die vlei kom, het hy hom boeglam geskrik toe hy die been van ’n mens by die water sien uitsteek.

Hy sê toe hy nader kyk, toe sien hy dis ’n liggaam wat daar lê.

Volgens Campbell het sy kinders in daardie stadium gelukkig nog nie die been of lyk gesien het.

Hy sê hy het onmiddellik omgedraai en die kinders gegryp, waarna hulle huis toe is.

Volgens hom kon sy dogtertjie aan sy gesigsuitdrukking sien iets is nie pluis nie.

Campbell sê toe hy by die huis kom, toe sê hy vir sy suster en dié se skoondogter hulle moet die polisie bel omdat hy dink hy het ’n lyk gesien.

Volgens hom het hy sy suster en haar skoondogter gevra om saam met hom terug te gaan na die toneel – net om te double-check of dit ’n lyk is.

Hy sê op pad terug na die toneel het hy ’n groep mans wat daar rondgestaan het, gevra om ook saam te gaan na die toneel toe.

Op die toneel sê een van die mans toe dit lyk vir hom na ’n pop wat in die water lê.

“Omdat ek nog in skok was, wou ek nie weer na die lyk kyk nie.”

Volgens Campbell het die twee polisievêns later by die toneel opgedaag.

Die pa sê hy het later verneem die lyk is heel waarskynlik dié van ’n vrou omdat daar nail polish aan haar tone was.

Volgens die pa het hy later ook verneem dat ’n skoen en onderklere in die omgewing van die toneel gevind is.

Oorsaak

Campbell sê die aand toe hulle moes gaan slaap, het sy dogter aan hom gesê sy kan nie slaap nie omdat sy nie kan ophou dink aan wat hy moontlik kon gesien het nie.

Kapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, sê by navraag die vrou se identiteit en die oorsaak van haar dood is in dié stadium nog onbekend.

Hy sê die slagoffer lyk asof sy tussen die ouderdom van 20 en 30 jaar kan wees.

Volgens hom gaan ’n nadoodse ondersoek binnekort gedoen word om die presiese oorsaak van die vrou se dood vas te stel.

Hy sê ’n inquest docket is aangelê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters