4 dae gelede
Ongeluk op R61 eis vyf tieners
WRAK: Vyf kinders het in diĆ© taxi-ongeluk gesterf.  ~ Foto Verskaf

VYF tieners van 15 tot 19 jaar oud het gisteroggend in ’n taxi-ongeluk gesterf.

Die ongeluk het op die R61 naby Upper Bayele tussen Ngcobo en Cofimvaba plaasgevind.

Nog kinders wat in die taxi was, is hospitaal toe geneem met beserings wat wissel van gering tot ernstig.

Gerol

Luidens ’n verslag van die Oos-Kaapse departement van vervoer het die ongeluk plaasgevind toe die taxi driver beheer oor die voertuig verloor het. Die voertuig het toe gerol.

Die vyf kinders het op die toneel gesterf.

Die taxi was op pad van Kaapstad na Qumbu en Mount Frere.

Daar was hoofsaaklik tieners in die taxi wat teruggekeer het huis toe omdat die skole môre weer oopmaak.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters