6 maande gelede
Ongeluk op N2 eis lewe van motoris
KAPT. GERDA SWARTFOTO VERSKAF  ~ 

DIE polisie in Kareedouw ondersoek ’n klag van strafbare manslag nadat ’n motorbestuurder in ’n botsing dood is.

Die ongeluk tussen ’n Opel Corsa en ’n Scania-lorrie het verlede Sondag 23:15 op die N2 naby die Palmietvleibrug by Kareedouw gebeur.

Passasiers

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

Die bestuurder van die motor, Shukri Abrahams (50), is op die toneel dood, sê kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder.

Sy twee passasiers van 21 en 23 jaar oud is na ’n plaas­like hospitaal geneem.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters