5 dae gelede
Ongeluk naby Ngcobo eis 3
Kapt. Jackson Manatha  ~ Foto Verskaf

DRIE mense is dood en twee ander ernstig beseer in ’n ongeluk op die R408 naby Ngcobo in die Oos-Kaap.

Volgens kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder, het die ongeluk Vrydagmiddag plaasgevind.

Die bestuurder van ’n sedan met vyf insittendes het beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het gerol.

Twee mans, onderskeidelik 45 en 50 jaar oud, en ’n 39-jarige vrou is op die toneel dood verklaar. Twee ander mans het ernstige beserings opgedoen en is na ’n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters