Verlede maand
Ongeluk lei to openbare geweld
Cape Town taxis
Taxis  ~ ter illustrasie/Bertram Malgas

DIT was bloot 'n ongeluk tussen 'n taxi en 'n kar, maar het vinnig verander in agt taxi's wat aan die brand gesteek is in Korsten in Gqeberha.

Die ongeluk het Woensdagmiddag omstreeks 14:00 tussen 'n taxi en Audi plaasgevind.

Kol. Priscille Naidu, 'n polisiewoordvoerder, sê na die ongeluk het die taxibestuurder uit sy taxi geklim en die driver van die Audi aangerand.

"Sakemanne in die omgewing het tot die Audi-bestuurder se redding gekom, en kort daarna het hy in sy voertuig geklim en weggery.

"Die Audi het egter gaan staan en dit is toe 'n groep taxibestuurders hom aangeval het en sy kar aan die brand gesteek het." 

Volgens Naidu was dit nie lank nie of agt taxis is ook aan die brand gesteek, twee beskadig. 

"Die oorsaak blyk die geskil tussen die sakemanne en taxibestuurders te wees." 

Naidu voeg by dat 'n saak van openbare geweld is geopen, maar nog geen arrestasies is gemaak nie.

Teen vroeg Woensdagaand was die situasie in die gebied nog gespanne en die polisie op high alert.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters