15 dae gelede
Onderwys-leier in Oos-Kaap sterf
Themba Kojana  ~ Foto24

DIE Oos-Kaapse departement van onderwys is in rou na die dood van hul departementshoof, Themba Kojana.

Kojana is Donderdag in die vroeë oggendure dood nadat hy Woensdag in die hospitaal opgeneem is. Die oorsaak van sy dood is nog onbekend.

Fundile Gade, LUR van onderwys, sê Kojana se dood kom op 'n tyd toe die departement hoop in sy leierskap geplaas het om die onderwys vir almal te verbeter.

"In sy termyn het hy 'n span van toegewyde beamptes gelei wat die onderwyssektor in die provinsie in terme van uitslae in 'n beter posisie geplaas het. Die departement het 'n leier verloor wat die belange van almal gedien het," sê Gade.

"Ons as sektor en die Oos-Kaap is stukkend."

Gade het sy medelye met Kojana se familie gedeel. - Algoa FM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters