24 dae gelede
Ondernemers begin kort skiet aan doodskiste
Covid Funeral
Covid-begrafnis  ~ 

TALLE  begrafnisondernemings in die Oos-Kaap het 'n tekort aan doodskiste, want daar is elke dag weens die toename in Covid-19-sterftes 'n begrafnis.

Vusi Nomtshongwana, eienaar van Nomtshongwana-begrafnisondernemers, vertel die vraag na groter doodskiste is aan die toeneem.

Hy sê aan News24: "Die is weens 'n toename in die aantal oorgewig persone wie aan die virus sterf."

Nomtshongwana sê sedert verlede maand het hy twee groot doodskiste per week bestel, terwyl hy gewoonlik een elke ses maande bestel het.

Volgens hom kort hy sowat 20 doodskiste per week, weens die werklading wat verdriedubbel het met die pandemie.

"Ons doen daagliks begrafnisse, terwyl ons voor die corona-virus net oor naweke begrafnisse gehad het."

Intussen sê Johann Rossouw, voorsitter van die hervormde vereniging vir die begrafnisbedryf: "Die vereniging sal 'n ondersoek loods na ondernemers wie 'n kritieke tekort aan doodskiste in die Oos-Kaap ervaar.

"Ons het alternatiewe opsies en hulpbronne binne ons netwerke, wat op kort kennisgewing kan help sou daar 'n probleem wees." - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters