21 dae gelede
Omotoso wil borg-besluit appelleer
  Pastoor Timothy Omotoso is sedert sy inhegtenisn
Pastoor Timothy Omotoso is sedert sy inhegtenisneming in 2017 drie keer borgtog geweier.  ~ verskaf

PASTOOR Timothy Omotoso doen Maandag aansoek om verlof tot appel teen regter Philip Zilwa se beslissing om hom borg te weier.

Regter Zilwa het verlede week beslis sedert hy as immigrant verklaar is, is Omotoso 'n vlugrisiko en die moontlikheid dat hy met getuies sal inmeng ook nie geignoreer kan word nie.

Sedert sy arrestasie in 2017 is Omotoso al drie keer borgtog geweier.

Die omstrede pastoor en twee medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, staan tereg op aanklagte wat verband hou met meer as 90 beweerde seksmisdade.

Omotoso staan ook tereg op aanklagte van mensehandel.

Sy medebeskuldigdes is tans uit op borg van R10 000 elk. 

Tydens sy laaste hofverskyning het sy lawyer, Terry Price, aangevoer die vertragings kan nie regverdig word in die saak wat al vir drie en 'n half jaar sloer nie.

Price het ook genoem Omotoso vrees dat hy Covid-19 in die tronk sal opdoen.

Verder beweer Price ook dat Omotoso se dramatiese arrestasie in 2017 was onwettige, aangesien hy opdrag gegee is om in Port Elizabeth te wees vir 'n onderhoud met die Valke - oor hulle sy betrokke in mensehandel ondersoek het.

Volgens staatsaanklaer Nceba Ntelwa is Omotoso 'n immigrant wie uitgelewer kan word aan Nigerië indien borgtog toegestaan word.

Intussen begin die verhoor Dinsdag. - SABCNEWS

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters