2 maande gelede
Omotoso ‘rape virgin van 14’
CHERYL ZONDI  ~ 

EEN van past. Timothy Omotoso se vermeende seksslawe het gister getuig dat sy sedert haar 14de jaar vir hom blow jobs gegee het.

Sy het ook getuig hoe hy met sy penis aan haar vagina gevroetel het.

Cheryl Zondi (22) van Mpumalanga het in die Baaise hooggeregshof getuig sy het haar in 2009 – op 14 – by Omotoso (59) se Jesus Dominion International Church aangesluit.

Dit was nadat sy op ’n random meeting van dié kerk God se teenwoordigheid aangevoel het.

Volgens haar het die kerk vir haar soos ’n tuiste gevoel.

Knieë

Sy het getuig Omotoso het later aan haar gesê sy kan by hom en ’n groep girls in sy mansion in Durban woon.

Sy het getuig dit was vir haar weird toe sy sien hoe die vroue Omotoso hug terwyl hulle op hulle knieë was.

Volgens haar het Omotoso haar op ’n aand na sy slaapkamer ingeroep.

BESKULDIGDES: Past. Timothy Omotoso (links), Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho.

Hy het haar glo aanhoudend uitgevra oor haar love life en hoe ver sy bereid is om met hom te gaan.

Zondi het vertel Omotoso het haar toe ’n stywe drukkie gegee en sy het ongemaklik gevoel.

Sy het getuig hy het haar bra se strap getrek terwyl hy haar rug gevryf het.

Volgens Zondi het Omotoso haar toe plat op die bed neergegooi en bo-op haar gelê. Hy was geklee in net ’n hemp en boxer shorts.

Volgens haar het hy gelag terwyl hy haar betas en bewegings met sy lyf op haar lyf gemaak het.

“He was having the time of his life,” het sy gesê.

Volgens haar het hy haar later die aand gesê om langs hom in die bed te klim.

Zondi het huilend getuig Omotoso was toe besig om met sy move­ te speel.

TIMOTHY OMOTOSOFoto’s: THEO JEPTHA

Hy het haar gevra om kaal uit te trek.

Volgens Zondi het Omo­toso sy boxers uitgetrek, bo-op haar gelê en sy lat tussen haar bene gedruk.

Die vrou het verduidelik hy het toe sy penis liggies tussen haar vagina gedruk.

“Ek was toe nog ’n maagd.”

Hy het glo aangehou om sy lat teen haar vagina te skuur totdat hy gekom het.

“Sy semen was oral op my.”

Volgens haar het Omotoso ná die voorval gebid en God om vergifnis gevra.

Sy het gesê hy het haar aangesê om met niemand oor die voorval te praat nie, want “ ’n man van God kan nie tronk toe gaan nie”.

Volgens Zondi moes sy later vir Omotoso gereeld blow jobs gee wanneer sy naweke en skoolvakansies vir hom in Durban gaan visit het.

Sy het gesê haar enigste ruskans was wanneer sy haar maandstonde gehad het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters