5 maande gelede
Omotoso op pad na grondwethof
abuse-saak: Timothy Omotoso vroeër saam met sy twee medebeskuldigdes, Zukiswa Sitho en Lusanda Sulani, in die hof. Foto: theo jeptha  ~ 

HULLE berei nou voor om in die grondwethof te gaan fight.

Só het adv. Peter Daubermann, regsverteenwoordiger van die vermeende sekspes-pastoor Timothy Omotoso, gister bevestig.

Dít kom nadat die appèlhof Omotoso (60) en een van sy mede­beskuldigdes, Lusanda Sulani (36), se aansoek dat regter Mandela Makaula homself aan die saak onttrek en dat die klagte teen hulle laat vaar word, dismiss het.

Hulle het in hulle aansoek beweer Makaula is eensydig en het té veel simpatie getoon teenoor die staat se eerste getuie, Cheryl Zondi.

Verhoor

Zondi het tydens haar uiters emosionele getuienis details gegee van hoe sy deur Omo­toso ge-abuse is.

Tsepo Ndwalaza, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, is in sy noppies met die appèlhof se besluit en sê die staat is nou gereed om vroeg volgende jaar voort te gaan met die verhoor.

Ndwalaza sê in ’n verklaring die staatsaanklaer Nceba Ntelwa het Maandag ’n oproep van die appèlhof ontvang.

Dit was om hom in te lig dat Omotoso se aansoek afgekeur is, aangesien daar geen vooruitsig op sukses in die aansoek was nie.

Omotoso, ’n senior pastoor in sy Jesus Dominion Internationa­l-kerk, staan saam met Sulani en Zukiswa Sitho (26) tereg op ’n rits klagte, waar­onder mense­handel.

Daubermann het egter aan News24 bevestig hulle het reeds begin om voorbereidings te tref om hulle aansoek na die grondwethof te neem.

Die saak sal op 4 Febru­arie weer in die Baaise hooggeregshof voortgaan.

Omotoso is in April verlede jaar gearresteer en is tans in aanhouding.

Sulani en Sitho is uit op bail.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters