19 dae gelede
Off-duty cop (34) doodgeskiet
MOORD: ’n Polisie-sersant is vroeër die week doodgeskiet.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

LT.GENL. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het haar medelye betuig met die familielede, vriende en kollegas van sers. Siyabonga Wakula, wat Dinsdag in KwaZakhele doodgeskiet is terwyl hy van diens af was.

Wakula se broer is in dieselfde voorval gewond.

Kol. Sibongile Soci, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê 10:51 op die dag van die voorval het die 34-jarige Wakula saam met sy twee broers voor hul huis in Nosidima­straat gesit. Een van hulle het teruggegaan in die huis om die kos te check wat hulle besig was om te berei.

Motief

Terwyl hy in die huis was, het hy geweerskote gehoor.

Toe hy na buite hardloop, het hy die sersant en sy broer op die grond sien lê.

Die sersant het verskeie skietwonde opgedoen terwyl sy broer (56) in albei bene gewond is.

Volgens Soci is albei met privaat vervoertuie hospitaal toe geneem.

Sy sê die motief vir die voorval is nog onbekend. Die verdagtes het in ’n wit Toyota Avanza op die vlug geslaan.

Sers. Wakula was ’n cop by die Kabegapark-polisiestasie.

Volgens Soci het Wakula in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Sake van moord en poging tot moord word ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters