12 dae gelede
Nuwe turf vir ex-26
ASPIRASIES: Julian Julies was ’n gangster, maar wil nou as politikus ’n beter lewe vir almal skep.  ~ Siyabonga Sesant

DIE Baaise politieke landscape moet gereed maak vir ’n ex­treme makeover, dink die Northerns se eie Gayton McKenzie.

Dít kom nadat Julian Julies gister amptelik bekend gemaak het hy stel daarin belang om te staan in volgende jaar se plaaslike verkiesing.

Die voormalige leier van die 26’s gang is nou ’n suksesvolle sakeman van Schauderville. Hy sê hy beplan om sy 27 jaar in die underworld te gebruik om gangsterism en ander social ills in die gemeenskap uit te roei.

“Wie beter as iemand wat reeds daar was?” sê Julies (40).

“As ’n voormalige gangster weet ek waarvan ek praat. Ek wil net vir almal ’n beter lewe gee sodat veral die jeug nie in ’n desperate situasie beland soos ek toe ek jonk was nie.”

Hy belowe die North­erns se mense sal nie hulself in die voet skiet as hulle vir hom stem nie.

Julies sê hy gaan as ’n onafhanklike kandidaat aan die plaaslike verkiesing deelneem.

“Die wyksraadslede van wyk 7 en wyk 11 sal moet watch out,” sê hy.

“Julian Julies is op pad om dinge te change vir die mense van ons gemeenskap. Soos hulle het ek nou net mooi genoeg gehad van die politicians en hul leuens. Hulle like lieg vir die mense.

Verniet

“Ek gaan soos ’n breath of fresh air wees vir ons mense. My track record vandat ek my lewe gechange het, praat vir homself.”

In 2018 het Julies ’n adviessentrum vir die jeug in Schauderville oopgemaak. Dit help mense wat werk soek met hul CV en gee hulle verniet toegang tot die internet en e-pos.

“Ek is 100% seker dat ek in wyk 7 en in wyk 11 as kandidaat sal staan.

“Ek is baie beroemd in daardie twee wyke … baie bekend en baie aktief,” sê Julies.

“Ek is ’n Schauder-boy en ek het al die nodige inligting en resources om ’n sukses van dit te maak.”

Toe begin praat hy soos ’n regte politician: “Ek weet watter pyn en lyding onse mense in ons gemeenskap deurmaak. ’n Gemeenskap van wie die waarheid weerhou word. ’n Gemeenskap wat oningelig is. ’n Gemeenskap wat g’n identiteit het nie.

“Daar word nie eens meer gereeld vergaderings gehou om die gemeenskap in te lig oor wat in hul wyk aangaan nie.

“Ek praat nou van voor die lockdown, obviously.

“As ek ingevote word as ’n councillor, sal ek ook die gemeenskapsaktiviste en NGOs inroep om saam met my te werk.”

Abraham Isaacs, raadslid in wyk 11, verwelkom Julies se aankondiging.

“Dis nou wel nuus vir my, maar ek wil graag vir Julian aanmoedig (om deel te neem). Elke kompetisie het mededingers – en aan die einde van die dag net een wenner.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters