15 dae gelede
Nog 3 devices uit dam gevis
GEVAARLIK: Dié ou mortier is Saterdag by die Strelitziadam gevind.  ~ Foto Verskaf

NOG drie “devices”, onder meer ’n mortier, is by die gewilde Stre­litziadam in Uitenhage gevind.

Brig. Tembinkosi Kinana, ’n polisiewoordvoerder, sê dié toestelle is Saterdag gevind toe kinders 16:00 by die dam gaan speel het.

“Gelukkig was daar ’n volwassene wat die kinders kon waarsku om weg te bly en wat die polisie kon ontbied.”

Nou tref die polisie reëlings vir ’n dringende vergadering van alle belangrike security stakeholders om die aanhoudende skok-ontdekkings by die dam te bespreek.

“Ons waarsku die publiek en veral kinders om uiters versigtig te wees as hulle naby die dam kom.”

Hoewel die polisie reeds kan bevestig dat een van die drie metaalvoorwerpe wat gekry is, ’n mortier is, moet experts nog vasstel wat die ander twee voor­werpe is.

In Oktober laas jaar is daar by dié einste dam op 19 mortiere afgekom.

Die polisie het toe gesê die mortiere is baie oud en nie van Suid-Afrika afkomstig nie.

Ondersoekwerk duur steeds voort om vas te stel presies waar daai mortiere vandaan kom.

Dit is ook onseker hoe lank die mortiere in die dam gelê het voordat dit gevind is. Dis ook nog nie duidelik of daar moontlik ander mortiere is nie.

Die dam is in die hartjie van die woonbuurt Stre­litziapark geleë.

Dit word hoofsaaklik gebruik deur mense wat visvang of kinders wat swem. Reg langs die dam is ’n speelparkie vir kinders.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, het in Oktober ’n operasie in en om die dam laat uitvoer.

Die hulp van die polisie se bom-opruimingseenheid is dadelik ingeroep.

Dié eenheid het die bomme gekonfiskeer en gekyk of daar nóg bomme is.

Gevaarlik

Die polisie het toe gesê hulle kan nie met sekerheid sê dat die gebied rondom die dam nou veilig is vir die publiek nie.

Kinana het toe ook bevestig mortiere is wapens wat uiters gevaarlik is.

Die polisie vra lede van die publiek om hulle dadelik in kennis te stel as hulle afkom op enige verdagte toestelle.

Hulle maan ook mense moenie eens waag om daaraan te raak nie.

Die bomme se potensiële reikwydte sal eers vasgestel kan word sodra die polisie die bomme behoorlik ondersoek en geïdentifiseer het.

Die ondersoek kan ’n rukkie duur.

“Ons wil ál ons hulpbronne gebruik om seker te maak mense voel veilig.

“Dít is ons hoofdoel,” het Kinana bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters