13 dae gelede
Niks hou dié 5 jonges terug
Graduate: Emile Johannes (links), Bongani Madwanya, Sinazo Jama en Eldridge Windvogel is trots op hulle prestasie. FOTO VERSKAF  ~ 

HARDE werk en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp en vandag sit vyf Baaienaars met ’n IT-kwalifikasie.

Danksy I Protect Me, ’n landwye non-profit organisation (NPO), het dié vyf nou ’n nasionale sertifikaat in Information Technology: End-user Computing.

Dié organisasie is gestig om vroue en kwesbare volwassenes te leer om hulleself te beskerm en om nuwe skills te leer.

Die vyf kandidate het nie toegelaat dat hulle gebreke hulle terughou nie. Hulle het deurgedruk en die gratis jaar lange kursus geace.

Hulle is Emile Johannes (22), Bongani Madwanya (27), Sinazo Jama (25), Dayne­ Terblanche (28) en Eldridge Windvogel (19), almal van Timothy Valley.

Randall Maarman (36), die nasionale uitvoerende direkteur van I Protect Me, sê dis belangrik dat jong mense in die nuwe digitale era kan beweeg.

“Die leerders het nie net die basics geleer en hoe om ’n presenta­tion te doen nie, maar ook hoe om hulleself op ’n professionele manier te present,” sê Maarman trots.

Hy verduidelik die vyf is nou job-ready met die lewenslesse wat hulle geleer het.

“Die meeste van hulle het by die huis gesit en wag vir iets. Hulle het nou ’n doel vir die dag en in die lewe. Hulle kan nou iets teruggee aan die gemeenskap,” voeg Maarman by.

Madwanya is in sy noppies met sy sertifikaat.

Hy is met multiple sclerosis gebore en moes as kind met krukke klaarkom.

Vandag kan hy nie langafstande loop of lank staande bly nie.

“Dit het my nie teruggehou nie.

“Toe ek die eerste keer van die kursus gehoor het, was ek nie baie excited nie, want ek het gedog ek ken rekenaars. Maar ek het so baie geleer en ek wil nou daai skills gebruik om my eie besigheid te begin.”

Jama, wat spesiale leerbehoeftes op skool gehad het, het nie toegelaat dat dit haar agterhou nie.

“Dit was moeilik toe ek begin het, want ek was nooit rondom computers nie.

“Maar ek het agtergekom dat ons almal dieselfde is.

“Wanneer jy iets wil bereik, moet jy hard daarvoor werk. ’n Mens moet risks vat in die lewe.”

Gecope

Sy voeg by sy het nie net rekenaarvaardighede geleer nie, maar ook life skills en hoe om haarself aan voornemende werksverskaffers te present.

Windvogel sê die afgelope jaar was moeilik, maar hy het gecope en ’n sukses daarvan gemaak.

Hy het by die Spesiale Skool Westview klasgeloop omdat hy spesiale leerbehoeftes het.

“Nou kan ek ook qualify. Ek het nou ’n beter kans om ’n werk te kry,” sê hy met ’n groot glimlag.

Die organisasie Township Fleva het met I Protect Me saamgewerk om hulle op te lei en MultiChoice het die kursus gesponsor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters