7 dae gelede
Niks bail vir beskuldigde
Zavier ‘Zenna’ Jassen FOTO VERSKAF  ~ 

ZAVIER “Zenna” Jassen (17) se vermeende moordenaar kon nie gister in die Baaise landdroshof aansoek om borgtog doen nie.

Die staatsaanklaer was nie beskikbaar nie. Jassen moet dus maar langer wag.

Die saak teen Neville van Belling, wat aangekla word van Jassen se moord, is toe uitgestel tot 20 Maart.

Jassen is op Woensdag 3 Oktober 2018 in Sagardweg, Helenvale, naby sy ouerhuis doodgeskiet.

Die polisie het gesê die tiener het ’n koeëlwond in die kop opgedoen.

Van Belling het al verskeie kere in die landdroshof verskyn. Dít nadat hy verlede jaar kort ná Jassen se dood gearresteer is op aanklag van moord.

Hy het ook ’n ander moordsaak teen hom wat tans in die landdroshof aangehoor word.

Van Belling sal later vir die moord op Shane Williams van Barcelona verskyn.

Williams is op Sondag 30 September 2018 voor sy huis doodgeskiet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters