5 maande gelede
‘Net 15 doppies bruikbaar’
bewyse: ’n Kenner het getuig oor haar ondersoek na ’n voorval in September 2014. FOTO ter illustrasie:verskaf  ~ 

VYFTIEN patroondoppies wat ontleed is ná ’n skietvoorval in September 2014, is van koeëls wat uit ’n semi-­outomatiese vuur­wapen afgevuur is.

Só het die ballistiese kenner AO Batyi gister in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig.

Dis deel van die saak teen Wendell Peterson (30) van Hollandpark in die Baai, Jermaine Mitchell­ (30) en Glynn Simione­ Carelson (30) van Glendinningweg in die Baai, Robin Edgar Taylor (21) van Helen­vale en Graham Kammies (35) van Korsten. Hulle het in April in die Baaise hooggeregshof skuld ontken.

Hulle staan tereg op drie moordklagte, drie van same­swering om moord te pleeg en klagte van die onwettige besit van ’n vuur­wapen en ammunisie.

Versoek

Ook staar vier klagte wat verband hou met die verontagsaming van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, hulle in die gesig.

Batyi het getuig sy het op 26 September 2016 ’n versoek van ene kapt. De Bruyn gekry om afgevuurde koeëldoppies te ondersoek. Sy het getuig daar was onder meer 13 Parabellum-doppies (9 mm) en twee .45-doppies in ’n verseëlde sak.

Ná haar mikroskopiese toetse het sy vasgestel die “ejector”-merke op die doppies dui aan dit is in ’n semi-outomatiese vuur­wapen gebruik.

Sy het voorts getuig die oorsprong van van die ander patroondoppies in die verseëlde sak kon nie bepaal word nie omdat dit te erg beskadig was.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters