6 maande gelede
Nege vas oor besit van drugs
KOL. PRISCILLA NAIDU  ~ 

ALTESAME nege mense is Maandag op dwelmverwante klagte in die Baai in hegtenis geneem.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê lede van die nasionale ingrypingseenheid het stop-en-deursoek-operasies by beweerde dwelmposte in die Northerns gehou.

Die eenheid is ontplooi om te fokus op bende- en dwelm-aktiwiteite in die Northerns.

’n Vrou (35) is by ’n huis in Bosmanstraat in hegtenis geneem nadat 30 Mandrax-tablette, tik en 5 Stilpane-tablette in haar besit gevind is.

Slaan

Sy word aangehou op ’n klag van handel in dwelms.

Nog verdagtes is in stop-en-deursoek-operasies gearresteer nadat tik en kokaïen in hulle besit gevind is.

Brig. Andrew Louw, die Mountweg-polisie se waarnemende gebiedsbevelvoerder, sê hy waardeer die volgehoue pogings van die lede om dwelmhandel hok te slaan.

Hy sê die polisie sal druglords voortdurend konfronteer.

Louw voeg by dwelmgebruik en -handel is ’n struikelblok vir ’n vreedsame, secure en gesonde gemeenskap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters