3 maande gelede
Ná rape hoor sy van moord
victim: Die ma (23) wat haar tweejarige seun aan die dood afgestaan het, vertel van haar hel op pad na die hospitaal. Foto:deon ferreira  ~ 

HY HET haar na bewering twee keer verkrag – en net daarna moes sy uitvind haar kind is dood.

Dis steeds vir ’n ma (23) van Barcelona in die Baaise noordelike gebiede ’n raaisel wat eintlik met haar kind gebeur het.

Laas Maandag was die ma by vriendinne en haar seun (2) was by sy ouma (59) in die huis.

Die ouma vertel hoe die kind nog die een oomblik naby die voordeur gespeel het. Toe sy weer sien, het die eks-boyfriend (25) die kind gegryp en weggehardloop. Hy is nie die kind se pa nie.

Hospitaal

“Toe die kind hier weg is, was hy sonder beserings,” sê die ouma.

Dinsdag het die ma en ouma verward gesoek na die eks, maar hy en die kind was nêrens te vinde nie.

Intussen het die eks die kind Dinsdag beseer na die Livingstone-hospitaal gebring. Toe hy later hoor die seun is dood, het hy weggehardloop.

Die Gelvandale-polisie het in daardie stadium met ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Van toe af het die polisie probeer om die man en die kind se ouers op te spoor.

Donderdag het die huidige girlfriend van die eks saam met hom na die kind se ma se huis gegaan.

“Hy het nie reg gelyk nie en hy wou nie praat nie. Dis toe hy vir my sê my seun lê in Livingstone.

“Maar hy het nooit reguit vir my gesê my kind is dood nie,” sê die ma.

Sy het toe saam met die eks geloop sodat hy haar kan wys in watter saal haar kind lê. Maar hy het haar na bewering in Bethelsdorpweg in die bosse ingetrek.

“Hy het my getrek oor die pad en in die bosse in gevat. Ek het met hom gestoei.

“Hy het my platgelê, my uitgetrek en sy ding in my gedruk. Toe klap hy my.

“Toe hy klaar was, het hy ’n klip opgetel en wou my oor die kop kap.”

Hy het haar daarna na bewering wéér gegryp en van agter verkrag in dieselfde bosse.

Net daarna het ’n polisievên daar aangekom en stilgehou toe die cops sien sy huil.

Ná ondervraging is die verdagte in die vangwa gelaai. Hy is van moord en verkragting aangekla.

“Die polisieman het toe vir my gesê my kind lê in Livingstone se mortuary. Ek het na hom gaan kyk. Sy lippe was vol bloed en daar was pienk merke in sy gesig.

Die verdagte het na bewering die ma begin lastig val toe haar kinders se pa vroeër dié jaar tronk toe is.

“Hy het altyd hierheen gekom, dan het ek na my vriendinne gegaan tot hy weggaan,” onthou die ma.

Die eks het na bewering eenkeer vantevore die kind ontvoer, maar hom teruggebring. Luidens die post mortem-verslag is die kind met ’n stomp voorwerp aan die kop en lyf aangerand. Dit het sy dood veroorsaak.

Die verdagte se verkragtingsaak is uitgestel tot 19 September en hy sal na verwagting weer Dinsdag in die Baaise landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Hy bly in aanhouding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters