9 maande gelede
’n Trollie vol kos sal troos
Moira Spogter  ~ Theo Jeptha

SY SOEK ’n trollie propvol groceries – nie blom­me en ’n boks tjoklits nie.

Sy soek daai trollie Krismiskos omdat sy glo voor ’n klomp mense in ’n besige kettingwinkel as ’n dief uitgemaak is.

Begin

Hennie van der Linde, winkelbestuurder van Shoprite in Cleary Park, sê aan Son die voorval word ondersoek.

Moira Spogter (60) van Heath Park in die Baaise Northerns sê alles het begin toe sy Donderdagoggend ’n gammon by Shoprite in Cleary­ Park gekoop het.

Sy sê toe sy later die dag vir ’n tweede keer by Shoprite instap om nog items te koop, het die security guard sellotape gedraai om die sak se handvatsels waarin die gammon was.

Spogter sê nadat sy klaar geshop en op pad uit was by die winkel, het die guard haar gevra hoekom die sak oop is waarin die gammon is.

Volgens haar het sy gesê die tape het self losgekom. Sy sê die security guard het haar toe daarvan beskuldig dat sy die gammon gesteel het.

Volgens Spogter het sy hom meegedeel sy het vroeër die oggend vir die gammon betaal.

Sy sê dis toe dat die guard haar na die agterkant van die winkel escort het.

“Ek het berserk geraak. Ek het daarop gestaan ek is nie ’n dief nie.”

Volgens Spogter het die hele winkel se mense in daardie stadium na haar gekyk. Sy sê sy het so verneder gevoel oor wat besig was om te gebeur.

Spogter sê toe sy gevra is om die receipt vir die gammon te toon, het sy gesê daar is footage wat kan wys sy het daarvoor betaal.

Die vrou sê sy het die receipt eventually aan hulle gewys.

Spogter vertel die video footage is nagegaan en daar kon gesien word sy het vir die gammon betaal, maar steeds is daar op die receipt aangedring.

Volgens haar het die winkelbestuurder­ haar na sy kantoor geneem en ook gevra dat sy ’n kwitansie wys.

Uitsorteer

Sy sê sy wou toe weet hoekom doen hulle dit aan haar, terwyl die kameras wys sy het betaal.

Volgens haar het sy huis toe gegaan en Shoprite se hoofkantoor gebel en hulle van die voorval vertel.

Sy sê die dame op die lyn het haar toe gerusgestel en gesê sy moenie worry nie en dat hulle dit gaan uitsorteer.

Sy sê nadat die dame die manager gebel het, het die manager haar gebel en gevra hoe hulle haar weer kan happy maak ná die onsmaaklike voorval.

Volgens haar is dit toe dat sy sê sy soek ’n trollie vol Krismiskos om haar weer happy te maak ná die embarrassment.

Sy sê toe sy teruggaan winkel toe, sê die manager hy moet eers by hoofkantoor oor die trollie Krismiskos hoor.

Volgens haar het hoofkantoor toe laat weet sy kan nie ’n trollie vol Krismiskos kry nie.

Vergoed

Spogter sê dit was ’n teleurstelling omdat die manager nie geweier het toe sy dit vra nie.

Volgens haar het die winkelbestuurder toe maar gesê hy gaan haar met ’n bos blomme en tjoklits vergoed.

’n Familielid van Spogter, ene Patrick, sê die manager het die trollie kos “so 50/50” aan haar belowe.

Volgens Spogter sien mense haar nou aan as ’n dief. Sy sê sy voel so sad, want wanneer mense haar by Cleary Park sien, dan point hulle met hulle vingers na haar en sê dan “daar gaan sy, daar gaan sy”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters