Verlede jaar
Musikant wil ’n legacy agterlos
talentvol: Christo Lewack wen onlangs ’n Gabriel Global Gospel Award.  ~ 

HY HET op negejarige ouderdom begin key­board speel en sing. Vandag is hy ’n bekende gesig in sy gemeenskap.

Die drome van Christo Lewack (33) van Barcelona in Helenvale het nuwe hoogtes bereik toe hy onlangs ’n Gabriel Global Gospel Award gewen het.

Dié award is in Mei in die Veremarksaal in die Baai aan hom toegeken.

Met dié awards word erkenning gegee aan talentvolle individue in die Nelson Mandelabaai wat ’n positiewe en geestelike boodskap aan die gemeenskap gee. Daar was 15 kategorieë.

Verlaat

Lewack het die Award for the Best Community Out­reach Individual gewen.

Dinge was nie altyd maklik vir Lewack nie.

As ’n drie maande oue baba het Lewack se ma hom verlaat.

Veronica Jansen en Godfrey en Catherine Ceaser het hom grootgemaak.

Hy het in ’n godsdienstige en musikale huishouding grootgeword en daar sy passie ontwikkel.

Later, nadat Jansen oorlede is, het Lewack sy biologiese ma in Joubertina gaan opsoek. “Ek verstaan nou hoekom sy dit gedoen het. Ons verstaan mekaar.

“Al het ek deur harde tye gegaan, het dit my sterker gemaak.”

Lewack het ook al ’n vriend weens bendegeweld verloor en sê musiek het hom gehelp om daardeur te kom. Hy voeg by dat baie van die jonger ouens na hom opkyk.

Lewack maak nie net musiek nie, maar reik ook uit na die gemeenskap.

Hy is die voorsitter van die Peace­ and Harmony Community Project, ’n organisasie sonder winsmotief wat in 2016 gestig is.

In 2016 is ’n Crime Aware­ness Festival gehou om inwoners in te lig oor misdaad in hul area.

Hulle het veral jong mense aangeraai om positiewe dinge met hul tyd te doen.

In November 2017 is ’n Elderly Day gehou in die Gaat, waar bejaardes hul hare laat blow en sny het. Dit was vir persone ouer as 60.

In Desember 2017 is ’n Senior Citizens Event gehou vir diegene wat 80 jaar en ouer is.

Hulle het danksy sponsors koek en tee geniet.

Lewack sê hy was geskok toe sy naam die aand van die awards uitgeroep is.

“Daar was vyf ander kandidate in my kategorie.

“Hulle was van Despatch, Bloemendal en elders in die Baai. Dis die eerste keer dat ek deelgeneem het.”

In die nabye toekoms beplan Lewack om ’n Tribute Day te hou wat ter nagedagtenis sal wees van al die kinders wat weens gangster­ism in Helenvale dood is.

“Musiek is nie iets wat doodgaan nie.

“Ek hoop my kinders en die gemeenskap kan in dié legacy voortleef,” sê Lewack.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters