Verlede maand
Munisipaliteit se gebou in brand verwoes
brand
Die kunsgalerygebou van die Enoch Mgijima-munisipaliteit was Maandagaand in vlamme.  ~ Skermgreep/Twitter/@PartyOfAction

EEN van die Enoch Mgijima-munisipaliteit se geboue in Komani het Maandagaand afgebrand. 

Lonwabo Kowa, munisipale woordvoerder, sê hulle is Maandagaand omstreeks 22:00 ingelig dat die kunsgalerygebou in vlamme is.

Volgens Kowa het brandbestryders hard gewerk om die brand te blus en seker te maak geen ander strukture in die omgewing word beskadig nie. 

Die brand kom nadat die munisipaliteit vandeesmaand in die nuus was oor die R15 miljoen-stadion.

Die Valke ondersoek tans die saak. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters