Verlede maand
Mob moor rower wat uit kar val
 ~ 

’N VERMEENDE dief is in ’n voorval van mob justice vermoor nadat hy uit die get­away-kar geval het.

Dít was nadat hy en sy makkers glo ’n ouma wat slap chips by haar huis in KwaNo­xolo in die Baai verkoop, Maandagaand beroof het.

Die ouma het hard gegil in dié rooftog. Byna die hele buurt het nader gehardloop.

'n Woedende vrou (32) sê: “Ons het almal na haar huis gehardloop nadat ons haar hoor skree het. Ander het fluitjies geblaas.

Wegjaag

“Daar was vyf van hulle in ’n swart Volkswagen Polo. Vier het in die kar gespring en dié een in die boot.

“Toe die voertuig wegjaag, het hy uitgeval. Toe gryp ons hom. Ons het hom met klippe gegooi en vol paraffien gegooi.

“Hy was al dood toe die tyre om sy nek gesit sou word. Toe kom die cops daar aan.”

Van die vroue sê hulle het alle vertroue in die polisie verloor. “Ons sal ons beskerm teen die misdadigers, want die cops fail ons.”

Kapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek ’n saak van moord.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters