13 dae gelede
Mix-up in Oos-Kaap met lyk
10072020 News Johannesburg: Funeral palour staff p
Nog 'n familie van Oos-Kaap het 'n vreemdeling begrawe  ~ Foto ter illustrasie: Felix Dlangamandla

NÓG ’n familie in die Oos-Kaap het ’n vreemdeling begrawe na hulle verkeerde lyk gekry het.

Die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement sê hy kan nie blameer word vir die glipsie by die SS Gida provinsiale hospitaal in Kieskammahoek nie.

Volgens die departement is die familie wat die lyk moes uitken, aanspreeklik hiervoor.

DispatchLive berig die lyk is sonder die behoorlike verifikasie en identifiseringsproses verwyder. Dit het daartoe gelei dat die familie van Ntshoko Stishi (98), die liggaam van Mdyongolo Sonjica (98) begrawe het. Hulle is albei op 15 Desember dood.

Sizwe Kupelo, woordvoerder vir die gesondheidsdepartement, sê die departement kan nie geblameer word vir mix up nie en dat die persoon wat die lyk moes uitken blameer moet word.

Die voorval volg nadat ’n familie van Uitenhage ook op 28 Junie 2020 ’n vreemdeling begrawe het, nadat die hospitaal verkeerde lyk gegee het.

In Oos-Londen, het ’n familie op 13 Julie ook ’n totale vreemdeling begrawe.

En op 22 Julie het Avbob verskoning gevra omdat hulle verkeerde lyk aan ’n familie in Port Elizabeth gegee het.

News24 berig ook dat ’n familie van Mdantsane buite Oos-Londen in skok gelaat is nadat hulle drie ure voor die begrafnis moes uitvind dat hul geliefde per ongeluk die vorige dag iewers anders begrawe is.- News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters