9 maande gelede
Missing meisie lê op sy matras
Mlungiseleli Tyane  ~ Theo Jeptha

’N VERMEENDE kinderverkragter het Donderdag getuig hy het nie geweet daar lê ’n meisiekind op die matras toe hy in net sy onderbroek daarop uitgepass het nie.

Mlungiseleli Tyane (51) word daarvan beskuldig dat hy twee vyfjarige meisies in September 2017 in New Brighton ontvoer en toe in sy shack verkrag het.

Hy staan ook tereg op ’n klag van poging tot moord op een van die kinders.

Tyane ontken skuld op al die klagte teen hom.

Hy het gister getuig hy het daardie oggend sy shack in die Chris Hani township in New Brighton verlaat en afgesit Newton Park toe.

Tyane het gesê toe hy omstreeks 18:00 terug was in Chris Hani, is hy reguit na ’n tavern toe.

Volgens hom het hy die tav­ern omstreeks 19:00 verlaat.

Hy het gesê hy het ’n geraas gehoor en fluitjies wat geblaas word. Tyane het gesê hy het toe verneem daar word na vermiste kinders gesoek.

Hy het aangevoer hoewel hy bekommerd was oor die kinders, het hy huis toe gegaan omdat hy gesuip was en die next oggend nog vroeg moes opstaan.

Volgens Tyane, ’n pa van ses, het hy niks gedoen om na die kinders te help soek nie.

In Tyane se shack is nie elektrisiteit nie. Hy het gesê dit was pikdonker toe hy instap.

Volgens hom is daar nie ’n venster in die shack nie.

Tyane het getuig hy het sy klere uitgetrek en met net sy onderbroek aan op die matras gaan lê. Hy beweer hy het nie geweet daar lê ’n kind op die matras nie.

Hy het gesê die polisie het hom ’n rukkie later wakker geklop.

Die cops het hom meegedeel dat hulle na ’n vermiste kind soek en dat hulle die shack moet deursoek.

Tyane het gesê hy het aan die cops gesê daar is nie ’n kind in sy shack nie, maar hy het hulle toestemming gegee om die plek te deursoek.

Volgens Tyane het die cops die shack met flitsligte deursoek. Dis glo toe dat hy ’n kind op die matras sien.

Tyane het gesê die kind moes geslaap het, want toe die cop die kombers van haar afhaal, het sy wakker geword en begin huil.

Hy het gesê die cops het die kind getroos en gesê sy moenie huil nie en dat hulle daar is om haar te help.

Volgens Tyane weet hy nie of die kind geklee was nie. Hy het gesê die cop het die kind met kombers en al opgetel.

Tyane het getuig een van die cops het hom toe ingevlieg en hom gevra hoekom hy leuens vertel deur te sê daar is niemand in die shack nie.

Hy beweer die cop het hom met die vuis op sy mond geslaan. Tyane het gesê as gevolg van die hou het sy een tand losgekom en uit sy mond geval.

’n Deel van ’n ander tand het afgebreek toe hy geslaan is. Hy het dit ingesluk.

Voertsek

Tyane het gesê sy mond het as gevolg van die hou gebloei.

Hy beweer by New Brighton se polisiestasie het ’n cop vir hom gesê: “Jy gaan k*k.”

Volgens hom het ’n cop hom by die polisiestasie beveel om sy klere uit te trek.

Hy beweer toe hy in net sy onderbroek daar staan en die cops vra of hy dit ook moet uittrek, het ’n swanger cop gesê: “Voertsek, trek dit uit!”

Volgens hom was hy naak nadat hy sy onderbroek uit­getrek en aan die polisie oorhandig het.

Hy het gesê ’n cop het hom klere gegee om aan te trek.

Volgens Tyane het die polisie hom Dora Nginza Hospitaal toe geneem. Daar is DNS-monsters van hom geneem.

Adv. Megan September-Qatana kla aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters