10 dae gelede
‘Min’ misdaad by kunstefees
LT.GENL. LIZIWE NTSHINGAFOTO VERSKAF  ~ 

NET sewe verdagtes is by die afgelope Nasionale Kunstefees in Makhanda (Grahamstad) gearresteer.

Dit volg nadat die polisie bykomende lede na die dorp gestuur het om misdaad te bekamp tydens die fees, wat van 27 Junie tot 7 Julie plaasgevind het.

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, verduidelik: “Die beamptes was regoor die dorp, maar veral by die feesterreine sigbaar.

“Mense is gearresteer op klagte wat wissel het van die besit van gesteelde voertuie, diefstal, dronkbestuur tot die besit van dwelms.

Bedank

“Daar is beslag gelê op 64 messe, 1 speelgoedgeweer, 24 bompies dagga en 10 fake CD’s. Verder het die polisie ook drankwinkels besoek om seker te maak daar word by die toemaaktyd gehou.”

Die verdagtes het reeds in die plaaslike landdroshof verskyn. Hulle sake duur voort.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, is in haar noppies met die min misdaad by die fees.

“Ek bedank die polisielede vir die ekstra myl wat hulle gegaan het om ’n veilige omgewing te verseker vir alle inwoners van en besoekers aan Grahamstad.

“Al die beamptes het hulle werk met waardigheid gedoen.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters