2 maande gelede
Middelman in Jayde-moord kry life
Luthando Siyoni  ~ Deon Ferreira

DIE middelman in die moord op Jayde Panayiotou gaan nou self lewenslank agter tralies deurbring.

Luthando Siyoni is Vrydag deur waarnemende regter Vinesh Naidoo in die hooggeregshof in Gqeberha gevonnis.

Naidoo het ook Siyoni se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis van die hand gewys.

Siyoni is die vierde en laaste persoon, wat by die misdaad betrokke was, wat gevonnis word.

Jayde se man, Christopher, dien tans lewenslange tronkstraf uit. Die huurmoordenaar Sizwezakhe Vumazonke het in die tronk gesterf voordat die verhoor kon begin. Sinethembe Nenembe en Zolani Sibeko, wat gehelp het met die uitvoering van die moord, is ook agter tralies. - AlgoaFM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters