10 dae gelede
Mkhize stuur noodsein oor Oos-Kaap
Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize
Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize  ~ verskaf

IN die afgelope 24 uur-siklus is 3 105 nuwe Covid-19-gevalle geïdentifiseer, wat die totale aantal gevalle in die land op meer as 762 000 te staan bring. 

 Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, sê dat die Oos-Kaap in die afgelope 24 uur meer as die helfte van die Covid-19-gevalle in die land aangeteken het.

Volgens hom is daar toenemende kommer oor 'n tweede wave.   

Volgens die departement van gesondheid is daar nog 88 sterftes bygevoeg, wat die aantal sterftes op 20 759 te staan bring.

Die herstelsyfer staan op meer as 707 000.   Volgens Mkhize is die nuwe wave uit die Oos-Kaap 'n groot bron van kommer.  

"Die getalle neem toe. Dit is 'n nuwe wave.

Dit is nie die ou een nie. As jy dit met die ander provinsies vergelyk, kan jy byvoorbeeld in die Vrystaat sien dat daar ‘n daling in die eerste wave ervaar word.

Dis dieselfde in die Noord-Kaap en Limpopo.  “Maar op die oomblik is die Oos-Kaap anders omdat dit baie laer was, maar die getalle begin nou styg.

Daarom stuur ons nou die boodskap dat ons moeilike waters waters binnegaan. - EWN 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters