Verlede maand
Mense dikbek oor duur dop
SHOPPING: Drinkers wat tydens die lockdown steeds hulle dop wil geniet, moet nou aan vinding­ryke maniere dink om vir hulle booze te gaan shop.  ~ Mkhuseli Sizani

VIR baie drinkers is hulle voggies ál wat hulle deur hierdie 21 dae van nasionale lockdown gaan help kom.

Maar menige drinker in die Oos-Kaap voel nou die smokkies buit hulle liefde vir ’n dop liederlik uit.

Die regering het alle verkope van drank en tabakprodukte opgeskort om help te verseker dat mense by die lockdown-reëls hou en om dit vir die wetstoepassers makliker te maak om beheer oor die inwoners uit te oefen.

Vir eers is drankwinkels gesluit, maar in die Govan Mbeki-plakkerskamp en Missionvale in Port Elizabeth kan dosyne mense steeds gesien word wat rugsakke vol drank dra.

Pajamas

Selfs die vroue maak ’n plan. Hulle draai hulle drank in handdoeke toe.

Daar is selfs diegene wat hulle drank in hulle pajamas versteek.

Siyabulela Stungu (27) sê ’n lockdown sonder drank is niks anders as tronkstraf nie. “Ek is gewoond daaraan om elke naweek te drink en gedurende die festive drink ek elke dag.

“Maar nou staan alles stil. Ek is gewoond daaraan om op boupersele harde werk te doen, maar ek is nou verveeld van heeldag TV kyk en slaap. En ek eet veels te veel kos.”

Stungu sê hoewel wettige taverns in sy buurt gesluit is, is daar steeds mense wat drank aan hulle verkoop – ten duurste.

“Ek het in die verlede R18 vir ’n 750 ml-bier betaal, maar ek moet nou R22 vir so ’n bier opdok. Selfs die 1F-bier kos nou R35 een.

Underground

“Ek het nie ’n ander keuse as om daai prys te betaal nie, want ek is dors en ek moet saam my vriende drink,” sê hy.

’n Drinker wat anoniem wou bly, sê hy weet van baie wettige taverns wat nou underground operate.

“Daar is geen way hoe ek by die huis kan sit, huis skoonmaak, my kind moet babysit ... en dan het ek niks om te drink nie.

“Om nugter te bly, stres my net uit, want almal praat oor niks anders as die corona-virus nie,” verduidelik hierdie drinker.

“Ek het altyd by die wet­tige tavern waar ek gedrink het R150 vir my bottel brandewyn betaal.

“Maar ek moet nou tussen R200 en R250 vir my Viceroy betaal.

“Verder moet ek nou ook tot R3,50 betaal vir my losse entjie, wat altyd R1 was,” kla hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters