12 dae gelede
Mengo-getuienis ‘absurd’
Fikile MengoFoto: theo jeptha  ~ 

SY GETUIENIS dat die polisie hom aangerand het, is belaglik.

So het die staatsaanklaer, adv. Jason Thysse, dit gister aan een van die vermeende killers van die 78-jarige De­nise Marlene Webber van Kabegapark gestel in die Baaise hooggeregshof.

Fikile Mengo (20) staan saam met Thanduxolo Vumazonke (23), Sinethemba Nenemba (28) en Mkhuseli Ngqanda (29) tereg op klagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

Mengo het gister in ’n binneverhoor getuig.

Hy sê toe hy hom op 28 Augustus 2015 by die polisie gaan oorgee het, het hy aan sers. Dudley Ferreira gesê dat Ngqanda en Nenemba hom op die dag van die voorval werk toe geneem het.

Hy het aan Ferreira gesê hy weet nie wat op die betrokke dag by die moordhuis gebeur het nie.

Volgens Mengo wou Ferreira hê hy moes ’n verklaring aflê waarin hy homself, Ngqanda en Nenemba implicate.

Mengo sê hierna het ’n polisieman hom aan die bokant van sy broek – meer na die sy se kant toe – gegryp en hom in die lig opgetel dat sy voete skaars die vloer kon raak.

Merke

Volgens hom was hy in daardie stadium in ’n voor-oor-posisie. Ferreira het hom toe vier keer met die oop hand deur die gesig geslaan.

Thysse stel dit in kruisondervraging aan Mengo die feit dat hy opgetel is en sy voete nie die vloer kon raak nie, absurd klink.

Volgens Thysse sou sy bolyf dan na die kant toe geleun het.

Mengo het voorts aan Thysse gesê dat hy ná die aanranding nie enige merke in sy gesig opgedoen het nie.

Thysse het dit voorts aan die getuie gestel dat Ferreira hom nooit gevra het om ’n verklaring te maak en dan vir Ngqanda en Nenemba te implicate nie.

In daardie stadium was Ngqanda en Nenemba nog nie in hegtenis geneem nie.

Die verhoor dien voor regter Irma Schoeman.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters