16 dae gelede
Meld dan enige skietery aan
Kol. Priscilla Naidu  ~ Foto Verskaf

“SEDERT April 2020 is net een sakeroof in die Aloes Valley-area aangemeld.”

Só sê kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, aan Son.

Volgens Naidu is geen skietvoorvalle by die polisie aangemeld nie.

Sy sê as die gemeenskap bekommerd is oor die voorvalle wat nié aangemeld is nie, moet hulle kontak maak met die voorsitter van die Algoa Park Gemeenskaps-polisiëringsforum of die stasiebevelvoerder van Algoa Park se polisiestasie.

Bel

Volgens Naidu moet hulle ’n vergadering reël waarop mense hul bekommernisse kan bespreek en dan moet ’n gesamentlike oplossing gevind word om die saak uit te stryk.

Naidu sê met betrekking tot die bel van die polisie, moet inwoners die 10111-oproepsentrum bel om enige sulke skietvoorvalle aan te meld.

Sy sê op dié manier kan die oproepe opgeneem en maklik ge-trace word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters