17 dae gelede
Meisie verdwyn tweede keer in 2 weke
Siphesihle Naqwili
Siphesihle Naqwili  ~ 

DIE gemeenskap se hulp word gesoek nadat 'n 14-jarige tiener vir die tweede keer in minder as twee weke vermis is.

Siphesihle Naqwili het op 29 Oktober vir die eerste keer verdwyn.

Volgens 'n polisiewoordvoerder, kol. Priscilla Naidu, het haar pa haar by haar suster se huis in die Mjondolo-plakkerskamp gekry en huistoe gevat.

Die kind is egter Vrydag uit haar huis in Shakushuma in Motherwell skool toe en het nooit teruggekeer nie.

Die meisie met dreadlocks het 'n maroon skirt, maroon langmou-trui, wit hemp, swartskoene en lang maroon sokkies aangehad.

News24 berig sy is voorheen naby 'n plaaslike tavern in NU10 in Motherwell opgemerk.

Enigeen met inligting word gevra om speur-kapt. Bruce Madubedube te bel by 071 475 2385 of CrimeStop by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters