27 dae gelede
Meer as 1 miljoen in OP ingeënt
Foto ter illustrasie. Een dosis van die Pfizer-ent
Oos-Kaap het hul mylpaal vir 1 miljoen Covid-19-inentings behaal.  ~ Getty Images

DIE Oos-Kaapse gesondheidsdepartement sê die provinsie het ’n belangrike mylpaal bereik noudat 1 miljoen van die provinsie se bevolking teen Covid-19 ingeënt is.

Teen Donderdag verlede week was altesaam 1 002 813 mense volledig ingeënt.

Volgens die departement is 62% van diegene wat ingeënt 60 jaar oud of ouer.

Hierdie mylpaal dra by tot die bereiking van groepsimmuniteit in die provinsie. Die departement se mikpunt is om teen einde Maart volgende jaar 4,5 miljoen mense in te ent.

Onder die ingeënte mense is sowat 43?000 gesondheidsorgwerkers wat hul jab ontvang het.

Die departement sê die provinsie het tans meer as 8?000 aktiewe Covid-19-gevalle. Meer as 14?000 mense het sedert Maart 2020 weens die virus beswyk. – Algoa FM 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters