6 maande gelede
Medics maak jongspan wys
redding: Baaise nooddienspersoneel demonstreer hoe hulle Ashwin Koopman stabiliseer ná ’n “epileptiese aanval” Foto’s verskaf  ~ 

KINDERS het hulle Donderdag amper boeglam geskrik toe een van hul klasmaats ’n “epileptiese aanval” gekry het.

Die nooddienste in Nelson­ Mandelabaai het die kinders van die Primêre Skool Hillcrest verlede week verras met ’n demonstrasie waarin hulle Ashwin Koopman gestabiliseer het.

Olben Klassen van die Baaise nooddienste het die demonstrasie en skoolbesoek gekoördineer.

“Alles het begin toe ek in die Gaat (by Helenvale) gestop het by die robot en gesien het hoe ’n juffrou en leerders oor die pad hardloop.

“Toe ek haar vra van waar hulle is, het sy gesê sy oefen saam met die kinders van Hillcrest en sy is ’n afgetrede onderwyseres. Ek het toe besluit om as deel van ons sosiale verantwoordelikheid ’n besoek daar te reël,” verduidelik Klassen.

By die skool het Klassen aan die kinders verduidelik dat daar alternatiewe keuses in die lewe is, ten spyte van die negatiewe sosiale aspekte waaronder hulle gebukkend gaan. Dit sluit in bendegeweld, dwelmmisbruik, tienerswangerskappe en hoë misdaadvlakke.

Suksesverhaal

“Dié jeug is die produk van die noordelike areas. Daarom het ek my kollegas genader om iets vir die kinders te doen,” sê Klassen voort.

Klassen het ook gereël dat die doelwagter van Banyana Banyana, Kaylin Swart, die kinders aanmoedig deur haar suksesverhaal te vertel. Sy is oorspronklik van Gelvandale in die noordelike gebiede.

Twee paramedici-studente van die Nelson Mandela-Universiteit het ook met die kinders gepraat oor watter vakke hulle nodig het om eendag paramedics te word en hoe hulle die veld ervaar.

Leerders moet wiskunde, wetenskap en biologie as skoolvakke kies om dié loopbaan te volg.

Klassen-hulle het ’n First Aid Kit aan die skool oorhandig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters