10 dae gelede
Mans maai ou af toe hy pee
Kol. Priscilla NaiduFoto: son  ~ 

’N BAAISE man het eintlik net gepie in ’n bos toe hy doodgeskiet is.

Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, is Dominique Houwlie (31) Saterdag omstreeks 21:15 doodgeskiet.

“Daar word beweer dat die slagoffer ’n partytjie in ’n huis by Corianderstraat, Booysenpark, bygewoon het. Hy het oor die pad geloop om te urineer.

“Vier onbekende mans het hom genader en verskeie skote op hom afgevuur,” het Naidu gesê.

Beset

Daar word voorts beweer dat die verdagtes in ’n VW Polo en ’n Chevrolet Cruze geklim en weggejaag het.

Naidu sê die motief is onbekend en die Bethelsdorp-polisie ondersoek ’n moordsaak.

Volgens ’n informant was Houwlie van Gelvandale en nie ’n gangster nie.

Hy het volgens die bron in die bos gaan pie omdat die toilet by die huis beset was.

Die bron sê voorts Houwlie is in die kop en verskeie kere in die rug geskiet.

Hy laat sy vrou en twee jong kinders agter.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters