13 dae gelede
Man vind geraamte op strand
kapt. Mali GovenderFOTO VERSKAF  ~ 

VAKANSIEGANGERS wat gedink het hulle gaan op ’n relaxing stappie langs die see, het die skok van hulle lewe gekry.

Dit was toe hulle Sondag op die geraamte van ’n mens op die strand naby die lagoon in Boknes in die Oos-Kaap afgekom het.

Kapt. Mali Govender, ’n polisiewoordvoerder, sê die man het aanvanklik gedink dis ’n ronde klip. Eers toe hy om die “klip” begin grawe, het hy ontdek dis die kopbeen van ’n mens.

Die plaaslike polisie is dadelik na die toneel ontbied en toe die polisie daar begin grawe, is nog dele van die geraamte gevind.

Toetse

“Die bene is weggeneem en na die forensiese departement van die departement van gesondheid gestuur vir verdere toetse.”

’n Geregtelike doodsondersoek is begin.

“Volgens ons rekords is daar geen vermiste persoon in die area aangemeld nie en die speurders is tans besig om die identiteit van die slagoffer te probeer vasstel.”

Die polisie doen ’n beroep op enige een met inligting oor iemand wat moontlik vermis is en nog nie gevind is nie, om sers. Gxogxo van die Alexandria-speurtak te kontak by 046 653 0248. Inligting kan ook deurgegee word aan die polisie se Crime Stop-nommer by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters