24 dae gelede
Man verdrink toe hy tiener help
Lewellan van Rooyen se heldedaad het hom sy eie lewe gekos.  ~ Foto ter illustrasie

’N JONG man het dié naweek in Kamesh naby Port Elizabeth in ’n dam verdrink toe hy ’n vriend probeer help wat ook in die moeilikheid beland het.

Luidens ’n polisieverklaring het Lewellyn van Rooyen (22) en ’n 16-jarige tiener in die dam geswem toe hulle albei moeg word.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê: “Die tiener het om hulp geskree en Van Rooyen het hom na veiligheid gehelp. Toe die tiener omdraai, het hy sy vriend onder die water sien verdwyn.”

Polisieduikers het sy lyk later uit die dam gehaal.

Naidu maan swak swemmers om versigtig te wees. Sy sê daar is ’n opmerklike toename in die getal verdrinkings.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters