2 maande gelede
Man vas vir vrou se dood
Photo by Bill Oxford on Unsplash
'n Man is in verband met 'n vrou se moord gearresteer.  ~ Foto ter Illustrasie

COPS het Donderdag ’n man in hegtenis geneem in verband met die skietdood van Mirlen Wilson verlede Sondag in Arcadia in die Baaise Northerns.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die verdagte (24) is by sy ma se huis in Prinsloostraat, Arcadia, in hegtenis geneem deur lede van die Bethelsdorp Polisiestasie se misdaadvoorkomingseenheid.

Wilson (26) se skietdood kom nadat sy Sondagoggend omstreeks aguur haar ma se huis in Melkbosstraat verlaat het op pad na haar huis in Grootboomstraat.

Gesig

Kort daarna het lede van die gemeenskap haar ma laat weet sy is in Jennekerstraat geskiet.

Sy is in die gesig geskiet nadat ’n skermutseling tussen die verdagte en nog ’n man in die straat uitgebreek het.

Toe die verdagte na die man skiet, is Wilson noodlottig gewond.

Die verdagte is 10:35 in hegtenis geneem.

Hy word aangekla van moord en sou na verwagting Vrydag in die Baaise landdroshof verskyn het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters