Verlede maand
Man vas vir fake disability grant-bedrog
SASSA
SASSA  ~ tock

'N MAN van Kwatyutyu in King William's Town is Vrydag vir beweerde bedrog van byna R1.2 miljoen gearresteer.

Daar word word beweer die 51-jarige man het mense in Bisho en Zwelitsha genader om hom ID-nommers te gee. 

Volgens 'n woordvoerder van die Valke, Lwando Zenzile, het die man tussen Augustus 2018 en September 2019 die ID-nommers dan aan Sassa-beamptes gegee wie op bedrieglike wyse ongeskiktheidstoelae geskep het.

Hy voeg by dat die Valke 'n wenk oor die bedrog en korrupte aktiwiteite ontvang.

"Die ondersoekspan het vasgestel dat nadat die geld in individuele rekeninge betaal was het die verdagte onttrekkings gedoen. Hy het die sogenaamde begunstigdes dan die helfte van die geld gegee en die res het hy onder homself en die beamptes verdeel.

Die verdagte sal Maandag in die Zwelitsha-streekhof verskyn. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters