9 dae gelede
Man vas ná moord op vrou
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Die man is gou deur die polisie vasgetrek  ~ Foto ter illustrasie

’N 43-JARIGE man van Dutywa in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n 34-jarige vrou Sondag geskiet het.

Volgens kapt. Khaya Tonjeni, ’n polisiewoordvoerder, het die verdagte glo Vrydagaand by die vrou gaan kuier en oorgeslaap.

“Die twee was na bewering Saterdag in ’n stryery betrokke toe die verdagte sy vuurwapen uitpluk en die vrou verskeie kere skiet.

“Die vrou het aan haar wonde beswyk,” sê Tonjeni.

Die man is Saterdag in Butterworth gearresteer en sy vuurwapen is gekonfiskeer.

“Hy het Maandag in die Dutywa landdroshof verskyn op ’n aanklag van moord.”

Genl. maj. Thembisile Patekile, waarnemende polisiekommissaris, het die Dutywa-polisie geprys vir hul vinnige optrede om die man in hegtenis te neem.

“Die polisie veroordeel die wrede moord op weerlose vroue en kinders deur sinnelose mans wat hulle moet beskerm,” het hy gesê. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters