14 dae gelede
Man 'skiet sy vrou by begrafnis'
Brakpan Ma
'n Oos-Kaapse man moet hof loop vir sy vrou se moord.  ~ Foto ter illustrasie: iStock

'N MAN van die Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap moet hof loop vir moord nadat hy sy vervreemde vrou by haar pa se begrafnis geskiet het.

Phumeza Pepeta (45) het in die hospitaal aan haar wonde beswyk.

Die 55-jarige man is Sondag ná die skietery in die Matanzima-begraafplaas in KwaNobuhle gearresteer.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring: "Die bewering is dat die slagoffer om 10:00 by die begraafplaas was toe sy deur die verdagte genader is, wat toe ’n skoot afgevuur en haar gewond het.

“Die slagoffer is vir mediese behandeling na ’n plaaslike hospitaal gehaas, maar het later aan haar beserings beswyk,” het Swart bygevoeg.

Swart sê die verdagte is op die toneel gearresteer en dat daar op die vuurwapen beslag gelê is.

Die man sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn. - DispatchLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters