Verlede maand
Man skiet eks en toe homself dood
Foto ter illustrasie. Foto: AndrĂ© Damons  ~ 

’N PARALEGAL wat vir Legal Aid in Oos-Londen gewerk het, is glo deur haar ex-boy­friend doodgeskiet.

Daarna het die eks blykbaar ook die gun op homself gedraai.

Kapt. Hazel Mqala, ’n polisiewoordvoerder, sê die dubbele skietvoorval het Donderdagnag in Jadestraat, Amalinda, gebeur.

Sy sê die man het by die vrou se huis opgedaag met ’n gun in die een hand en ’n mes in die ander. Hy het toe vir ’n loseerder gevra waar die vrou is.

Mqala sê toe hy by die huis uitloop, het hy gesien hoe die vrou uit haar kar klim. Daarna het hy haar in die bolyf geskiet, waarna hy homself geskiet het.

’n Norinco 9 mm-pistool is op die toneel gevind.

Die name van die slagoffers is nog nie bekend gemaak nie.

’n Saak van moord en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Intussen het Legal Aid die moord veroordeel.

Die Oos-Kaapse woordvoerder, Abongile Tyopo, sê geweld op grond van geslag is ’n groot issue wat dringend aangespreek moet word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters