10 dae gelede
Man sê sy regte nie explain
Khayalethu LubisiFoto: theo jeptha  ~ 

AS DIE keuse van die dienste van ’n tolk aan hom genoem is, sou hy daarvan gebruik gemaak het. Dié keuse is hom egter nie aangebied nie.

So het Khayalethu Lubisi (26) gister in ’n binneverhoor in die Baaise hooggeregshof gesê.

Hy staan saam met sy suster, Khanyiswa Zinco (27), Unathi Mxazi (22) en Mvuzo Jack (25) tereg op klagte van sameswering om te roof met verswarende omstandighede, roof met verswarende omstandighede en moord.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle Unathi Bless (39) in Augustus 2017 vermoor het. Die binneverhoor word gehou om die toelaatbaarheid van Lubisi se confession vas te stel.

Volgens Lubisi het AO Mark Fry in geen stadium sy grondwetlike regte aan hom verduidelik nie.

Lubisi het gister getuig Fry het aan hom gesê daar is ’n persoon na wie hy hom gaan neem om ’n verklaring af te lê. Lubisi het getuig Fry het nie verduidelik watter soort verklaring hy voor ene kapt. Van Niekerk moes maak nie.

Hy het gesê Fry het nie die woord “confession” gebruik nie.

Volgens Lubisi was die idee van ’n statement Fry s’n.

Hy het getuig Fry het aan hom en Mxazi gesê hulle twee gaan reguit St. Albans-gevangenis toe as hulle nie die waarheid praat nie.

Volgens Lubisi het Van Niekerk hom meegedeel hy het van die Kabegapark-polisiestasie ’n phone call gekry dat hy ’n verklaring moet kom aflê.

Stilbly

Hy het gesê Van Niekerk het nie aan hom gesê hy is daar by hom sodat daar ’n confession afgeneem kon word nie.

Volgens Lubisi het Van Niekerk nie aan hom die gevolge verduidelik van “if you choose not to remain silent” nie.

Lubisi het toe ook bygevoeg Fry het nie aan hom verduidelik dat as hy nie stilbly nie, kan hy aan ’n strafregtelike oortreding skuldig bevind word.

Lubisi het gesê as die reg om stil te bly aan hom verduidelik is, sou hy verkies het om stil te bly.

Volgens Lubisi sou hy verkies het om eerder ’n regsverteenwoordiger te hê in sy onderhoud met Van Niekerk.

Hy het gesê sy grondwetlike regte is vir die eerste keer aan hom verduidelik toe hy die eerste keer in die hof verskyn het.

Die saak dien voor regter Elna Revelas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters