2 maande gelede
Man met winkelpop doodgeslaan
Jason Windus used mannequins to get revenge on his
n Man is dood na hy met n mannequin aangerand is.  ~ ter illustrasie/ Gallo Images)

'N MAN is Dinsdagoggend in Gqeberha met 'n winkelpop aangerand en is later op die toneel dood.

Die voorval het in Durbanstraat in Kortsten gebeur toe 'n man om 02:30 'n slapende hawelose man wakker gemaak het. Die verdagte het besef dat die slapende hawelose nie die persoon is vir wie hy soek nie en het 'n ander man wat op die trappe gesit het, genader en hom met die mannequin begin aanrand.

Kol. Priscilla Naidu, 'n polisiewoordvoerder, sê die onbekende man is erg aangerand en is op die toneel oorlede.

Die polisie ondersoek 'n saak van moord en soek hulp van die publiek om die verdagte op te spoor en ook om die oorledene te identifiseer. Enigiemand met inligting kan die Gelvandale-polisie skakel op 041 402 2018/19 of Crime Stop-nommner op 08600 10111. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters