11 dae gelede
Man lem ander oor meisie
 ~ 

’N MAN (22) in die Oos-Kaap is doodgesteek ná ’n gestry oor ’n meisie.

Volgens die polisie is die jong man deur ’n ander man gelem oor hulle twee dieselfde girl gehad het.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. Jackson Manatha, sê die polisie in Msobomvu, Butterworth, het ’n 24-jarige man vir die moord gearresteer.

Noodlottig

“Daar word beweer dat die twee mans oor die meisie vasgehaak het.

“Die 22-jarige man is Saterdag 04:25 in die Khayelitsha-plakkerskamp, Bika Township, noodlottig in sy bolyf gewond.

“Die identiteit van die slagofferword vir eers weerhou totdat sy familielede amptelik van sy moord ingelig is,” sê Manatha.

Die verdagte verskyn na verwagting vandag in die Butterworth-landdroshof op aanklag van moord. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters