2 maande gelede
Man in sy motor doodgeskiet
SKIETERY
Die man is in sy motor doodgeskiet terwyl hy op sy selfoon gepraat het.  ~ Foto ter illustrasie

DIE polisie in Gqeberha ondersoek 'n voorval waarin 'n man Woensdag in sy motor in Bethelsdorp doodgeskiet is.

Sakhumzi Makhonxa (41) is op die hoek van Standford- en Bloemendalweg geskiet.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, 'n polisiewoordvoerder sê die teenbende-eenheid is om 11:30 na die toneel ontbied.

Makhonxa is met skietwonde aan sy bolyf binne sy swart Audi convertible aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

- AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters