24 dae gelede
Man in rolstoel vas vir huisroof
'n Man in 'n rolstoel is in verband met 'n huisroof gearresteer.  ~ Foto ter illustrasie

'N MAN in 'n rolstoel is Woensdag in verband met 'n huisroof in Port Elizabeth gearresteer.

Die 24-jarige man het na bewering om 21:00 buite die klaer se huis geskree en op hom gevloek. 

"Die verdagte wou hê hy moet die deur oopmaak, maar hy het geweier," verduidelik kol. Priscilla Naidu, 'n polisiewoordvoerder.

"Terwyl die klaer met hom deur die venster wou praat, is sy kombuisdeur oopgeskop en twee mans het die huis binnegegaan.

"Die klaer het met een van die verdagtes gestoei, maar hulle het steeds met 'n TV weggekom. Die waarde van die TV is ongeveer R5 000."

Naidu sê die man in die rolstoel is kort na die voorval op 'n klag van huisroof gearresteer, maar dat die twee ander verdagtes steeds gesoek word. 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters